(Jwplayer)

March 21, 2016

DOUBLE #MURDER: UPDATE: Black gardener and 2 black suspects arrested for the murder of Afrikaner Pienaar couple at home

GENOCIDE VICTIMS: AFRIKANER COUPLE MURDERED AT HOME
Alan (69) and Chrissie Pienaar 
Alan was stabbed 18 times with a sharp object, and his body was found in the kitchen
 Chrissie's body was found in a sewage pipe
with their dead dog beside her
#StopWhiteGenocideInSA
ALSO READ: Censorbugbear Reports:
News24com manipulation about murders of Afrikaner couple: Read carefully! -- Afrikaans version: "Double murders: Afrikaner couple Chrissie Pienaar, 65 and Alan, 69 brutally stabbed to death: wife was dumped in sewage drain with a dead dog (*her daughter Johanie Tolmay told us she did not own a dog) - Nigel - link: 
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vrou-hond-dood-in-pyp-gekry-20160320

Now the English version, same company, same day! - http://www.news24.com/SouthAfrica/News/3-men-held-for-elderly-couples-murder-20160320

■ https://facebook.com/censorbugbear/photos/a.117964074884107.20843.116752351671946/1282012271812609/?type=3&fs=0
■ https://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/4261

Opvolg- Dubbele moord in Nigel.... Vrou, hond dood in pyp gekry

Deur Anlerie De Wet 21 Maart 2016 - Netwerk24

Die lyk van ’n 67-jarige vrou is gister kort ná middernag saam met haar dooie hond in ’n afvoerpyp buite haar huis in Nigel gevind. In die kombuis het haar man se lyk met 18 steekwonde gelê.

Hoe die polisie nie die bloed opgemerk het nie toe hulle kort tevore by Alan (69) en Chrissie Pienaar se huis kom navraag doen het oor hul motor, wat glo in die besit van hul tuinwerker gevind is, is onduidelik.

Jaco Hatting, ’n lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het net ná middernag op die lyke afgekom. Die Pienaars se dogter, Antoinette, wat in Pretoria woon, het onrustig geraak en ’n vriendin, ene Maurette, ’n familielid van Hatting, gevra om iemand te stuur om by haar ouers in te loer, want hulle antwoord nie hul fone nie. Die polisie was reeds by die Pienaar-huis in Leedsweg in die voorstad Ferryvale toe Hatting daar aankom.

Vroeër die aand het die beamptes van die polisiekantoor in Duduza die Pienaars se Kia Sorento van die pad getrek, sê ao. Madeleine von Wielligh. Die Pienaars se tuinwerker was in die motor. Beamptes van die Nigel-polisiekantoor het by die Pienaars se huis kom navraag doen oor die gesteelde motor. Hulle het aan Hatting gesê die Pienaars is nie tuis nie en daar is ook geen teken van gedwonge toegang nie.

“Ek kan nie glo dat hulle niks gesien het nie,” sê Hatting. “Ek het my flitslig in die kombuis laat skyn en dadelik bloed aan die yskas en wasbak gesien en toe die man se lyk op die vloer.”

Von Wielligh sê Alan is 18 keer met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die polisie het die huis deurgesoek, maar daar was geen teken van Chrissie nie.

Hatting sê hy het buite die huis met polisiebeamptes en gemeenskapsveiligheidswagte gesels toe ’n veiligheidswag oor ’n oop afvoerpyp se deksel val.

“Ek het in die pyp afgekyk en die vrou se lyk gesien, met hul dooie hond langs haar. Dit was grusaam,” sê Hatting.

Von Wielligh sê die oorsaak van Chrissie se dood moet nog bevestig word.

Die tuinwerker is as die hoofverdagte in hegtenis geneem en nadat die polisie inligting opgevolg het, is nog twee mense gearresteer, sê sy.

Die Pienaars se motor, juweliersware en elektriese toestelle is gesteel. Maurette se ma, Susan Buchner, en Chrissie was 28 jaar vriende.

Buchner het aan Magda Maritz van Heidelberg/Nigel Heraut ­gesê Maurette het haar eerste gevra om by die Pienaars aan te gaan, maar sy kon nie toe ry nie.

Buchner sê Chrissie se wasgoed het nog op die draad gehang. “Sy was ’n perfeksionis en sou nooit haar wasgoed ná donker laat uithang nie.”

Ds. Stephan Weyers van die NG gemeente Nigel-Oos sê dit was ’n groot skok toe die Pienaar-egpaar se seun, Wouter, hulle gisteroggend van die moorde vertel. “Hulle was baie betrokke by die kerk. Hulle was rustige mense vir wie ek groot respek gehad het,” sê Weyers.

Die drie verdagtes verskyn op 22 Maart in die Nigel-landdroshof.

Biz Afrika 32 sfss
Info
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1034732656568223&id=886927434682080&fs=0

#StopWhiteGenocideInSA